Wednesday, September 30, 2009

Boek gelees: Kambrokind

Wat ‘n aangename boek om te lees!  Skrywer: FA Venter.  Dit speel af in die vroeë 1900′s en die skrywer hanteer die vertelling asof hy die seuntjie is wat die storie vertel.  Dalk was dit hyself ek het maar later so aangeneem aangesien dit so eerlik en opreg gedoen is.  Ek ken nie juis vir FA Venter nie behalwe dat ek tevore sy boek gelees het: Die keer toe ek my naam vergeet het.  Later het dit tot my deurgedring dat as die seuntjie wel die skrywer self was, dan het ek die laaste gedeelte van sy lewe eers beleef en toe sy eerste gedeelte! 

Hoe dit ook al sy, wat ‘n verstommende boek.  Aangrypend om die deursettingsvermoë van die mense in daardie tyd en omstandighede te kon beleef.  Mens kan nie anders as om nederig te word nie.  Ek kan nie help om te wonder hoe my eie kinders sulke omstandighede sou hanteer het nie … .  Ek beveel hierdie boek rerig aan vir almal en ek wens die kinders wil dit ook lees net om ‘n blik te kry van waar ons voorouers vandaan kom.  Ek kan nou nie wag om FA Venter se ander boeke te lees nie.  Dikwels het ek al Geknelde land opgetel om te lees, maar die titel het my klaar beswaard gemaak sodat ek dit nou nog nie gelees het nie!  Maar ek gaan dit tog nou lees.

Posted by Renier in 13:12:27
Comments

Comments are closed.